News - RustieKrieket
View News

RustieKrieket

01/26/2023POSTED BY Hoërskool Rustenburg krieket Admin


RustieKrieket

Die Rustie-krieketspelers woeker by Hoërskool Centurion die afgelope naweek! 

 RHS se 1ste-span wen Centurion se 1ste-span met 134 lopies. Henré Viljoen en Logan Rossouw was die beste kolwers met 90 uit 95 balle vir Henré en 74 van 84 balle vir Logan. Reagan Smook is die beste bouler met 3 vir 18 in 6 beurte! 
 
RHS se o. 15A-span wen Centurion se o. 15A’s met 50 lopies. Thian Labuschagne en Cristivan Coetzer is die beste kolwers met 36 van 32 balle vir Thian en 33 van 26 balle vir Cristivan. Kiefer Wenhold is die beste bouler met 4 vir 34 na 9 beurte. 
 
RHS o. 15B wen Centurion o. 14A met 51 lopies. Henlo van Rooyen is die beste kolwer met 70 van 80 balle. Augie Behrens is die beste bouler met 3 vir 12 na 5 beurte. 
 
Ons is #TROTS op ons Rustie-krieketspelers wat die Rusties se naam hoog hou!
 

You can also enter comments by CricClubs Login

Comments: