News - RustieKrieket
View News

RustieKrieket

02/01/2023POSTED BY Hoërskool Rustenburg krieket Admin


RustieKrieket

#RustieKrieket 
🏏🏏🏏
 
RHS se o. 15B-span wen Potch Gimmies se o. 15B’s met 62 lopies op Saterdag, 28 Januarie 2023. 
 
Ricardo Enos en Keanu Jansen van Vuuren word aangewys as die beste kolwers van die dag. Ricardo het 54 van 55 balle gekry en Keanu 25 van die 22 balle. Samuel Craous, Augie Behrens en Xander Wenhold was die beste boulers van die dag. Samuel maak 3/1 met boulwerk, Augie Behrens maak 3/13 met boulwerk en Xander maak 3/17 met boulwerk. 
 
Ons is besonders trots op dié Rustie-krieketspelers. 
 
Ons o. 15A-span en 1ste-span het Saterdag, 28 Januarie 2023, teen Hoërskool Waterkloof gespeel. RHS se o. 15A-span maak 216/10 na 38 beurte en Waterkloof 218/6 na 34.3 beurte. RHS verloor met 4 paaltjies. 
 
Beste kolwer:
• Cristivan Coetzer 55 lopies van 43 balle
• Thian Labuschagne 42 lopies van 52 balle 
 
Beste bouler:
• Thian Labuschagne 4/48 met boulwerk
 
RHS se 1ste-span maak 159/10 na 39.4 beurte teen Waterkloof se 1ste-span. Waterkloof maak 164/1 na 19.3 beurte. RHS verloor met 9 paaltjies. 
 
Beste kolwer:
• Jandre Lotheringen 47 van 46 balle
 
Beste bouler:
• Wessel Oosthuizen 1/16 met boulwerk
 

You can also enter comments by CricClubs Login

Comments: