CricClubs Powers ICC Men's T20 World Cup On-Ground Scoreboard! Learn More
x
News - Welkom by Affies Krieket
View News

Welkom by Affies Krieket

26/09/2022POSTED BY Affies Cricket Admin


Welkom by Affies Krieket

Geskiedenis

Krieket is vir die eerste keer op ’n georganiseerde basis in 1952 by die Afrikaanse Hoër Seunskool gespeel. In 1953 lewer Affies die eerste Afrikaanssprekende krieketspeler vir die Noord-Oos Transvaalse Nuffieldspan op.

Prestasies

Affies is tans een van die beste krieketskole in die land. Affies se spanne is gereeld onder die top 10 op die ranglys vir hoërskolekrieket.

Die afgelope 15 jaar het die skool tien spelers vir die SA Skolespan en die SA o/19-span opgelewer. Talle oud-Affies speel tans  “Franchise” krieket, senior provinsiale krieket, universiteit- en klubkrieket.

Geleentheid tot deelname

Meer as 220 seuns word jaarliks in Affies se 20 krieketspanne opgeneem – o/14A-G, o/15A-E en 1 tot 8. Krieket word in die eerste, die derde en die vierde kwartaal aangebied en ongeveer 350 wedstryde word gespeel. Daar word hoofsaaklik in die Pretoria- en Johannesburgligas meegeding, maar talle wedstryde word ook elders in die land gespeel.

Intensiewe winterprogramme word gedurende die afseisoen vir alle ouderdomsgroepe aangebied.

Programme word vir spanne uitgewerk wat alle aspekte van krieket behels – kolfwerk, boulwerk, veldwerk, psigologies en fisiologies. Affies begin in 2020 ‘n krieketakademie vir laerskoolseuns en alle Affie-seuns wat belangstel.

Toernooie en toere

Die eerste span speel in Januarie, voor die skole heropen, om die beurt in die Grey High-feestoernooi in Port Elizabeth en die Grey Kollege-feestoernooi in Bloemfontein. Aan die einde van die eerste kwartaal toer die eerste, tweede, o/14A- en o/15A-spanne na Kaapstad om met Paul Roos Gimnasium, Wynberg Boys’ en Rondebosch Boys’ kragte te meet. In September speel die eerste span in die Michaelmas Feesweek (die oudste krieketweek in die land)  by Maritzburg College, die o/15A’s in die Grey High Feesweek en die o/14A’s in die Charl van Rooyen Feesweek wat elke jaar deur een van die deelnemende skole aangebied word. Toere vir B – spanne word jaarliks gereёl.


You can also enter comments by CricClubs Login

Comments: