CricClubs Powers ICC Men's T20 World Cup On-Ground Scoreboard! Learn More
x
News - Gimmies o.15A begin NW liga met gemaklike wen.
View News

Gimmies o.15A begin NW liga met gemaklike wen.

30/08/2023POSTED BY Potchefstroom Gimnasium


Gimmies o.15A begin NW liga met gemaklike wen.

Gimmies se o.15A span het gister teen Wesvalia kragte gemeet in hulle eerste liga-wedstryd. Gimmies was op die dag net te sterk vir Wesvalia met 'n gemaklike wen van 253 lopies. Ulrich Botha het sy staal gewys deur 105 lopies te slaan van slegs 90 balle. Hy was goed ondersteun deur Jahndre Coetzee met 51 lopies van 44 balle. 'n Merkwaardige 40 lopie vennootskap tussen Ruhann Steenkamp en Thloni Thabhata vir die 10de paaltjie het Gimmies na 298/9 lopies gevat in hulle 45 beurte. 

Gimmies se boulers was net te sterk vir Wesvalia. Gimmies het Wesvalia vir 45 uit geboul met Thloni Thabatha wat 3-paatjies geneem het en goed ondersteun was deur Ruhann Steenkamp en Henre Cronje wat elk ook twee paaltjies geneem het. 
 

You can also enter comments by CricClubs Login

Comments: